Worcester Wine & Olive Route Newsletter: 21 December 2017

2017 lê op sy rug, ‘n jaar wat nou vinniger gaan as wat dit gekom het. Dit het gevlieg , maar in hierdie haastige wêreld het daar soveel gebeur by Worcester Wyn en Olyfroete.

Ons spog met ‘n nuwe kantoor in Q Square, ‘n nuwe webtuiste asook ‘n nuwe bestuurspan.

Tertius Jonck WWOR Voorsitter, Quintin van der Westhuizen Ondervoorsitter en Riana Wium (myself) Bestuurder. Tussen die berge en wingerde deel ek inligting van ons pragtige roete met elkeen wat instap. Hier bewonder hul ons spogwyne en word hul met ‘n visuele voorlegging uitgenooi na ons pragtige kelders en olyflandgoed.

Kom besoek ons gerus, kom stel jouself bekend indien ons vreemdelinge is. Hier raak ons opgewonde oor Worcester – die olywe en wyne is fantasties en die pryse nog meer!!

Van links na regs: Tertuis Jonck (Voorsitter WWOR), Riana Wium (Bestuurder WWOR), Debbie Germishuys (Bemarkingsbestuurder Q Square), Quintin van der Westhuizen (ondervoorsitter WWOR)

2017 was ‘n jaar van uitnemende toekennings - besoek gerus ons webtuiste.
Hier spog Willow Creek en elke wynkelder met top presterende wyne en olywe. Kom deel in ons trots!

CHRISTIAAN GROENEWALD DINERS CLUB WINEMAKER OF THE YEAR 2017!

Our heartiest congratulations to Christiaan Groenewald from New Cape Wines who is the 2017 Diners Club Winemaker of the Year for his Eagle’s Cliff 2017 Pinotage. Well done on this wonderful moment of success!
The Diners Club Winemaker of the Year award is a prestigious wine award which celebrates the skills, talent and dedication of those who make wine.

CP CONRADIE BREEDEKLOOF-WORCESTER WYNMAKER VAN DIE JAAR 2017!

C.P. Conradie, wynmaker van Conradie Penhill Wines, het vanjaar die gesogte titel van die Breedekloof-Worcester Wynmaker van die Jaar verower. Wat dit nog meer besonders maak, is dat C.P. Conradie hierdie titel ook in 2015 gewen het! Dit was die sesde jaar dat hierdie gewilde kompetisie aangebied is. Die wenner is Vrydag, 8 Desember, aangewys op ‘n spesiale funksie wat in Robertson gehou is. Die hoofborg van die kompetisie is Brenn-O-Kem.

Daar het 23 wynkelders ingeskryf met ‘n totaal van 99 wyne wat beoordeel moes word.

Die top vyf posisies van die Wynmaker van die Jaar, is soos volg: Eerste is CP Conradie van Conradie Penhill Wines en in die tweede plek is verlede jaar se wenner, Christo Pienaar van Nuy Kelder. Dr. Alvi van der Merwe van Alvi’s Drift Private Cellar is in die derde plek en Chris du Toit en De Wet Lategan van Bergsig Landgoed is vierde met Magnus Kriel van Merwida Kelder in die vyfde plek.

Die formaat en beoordeling van die kompetisie is soos volg: Elke kelder skryf drie tot vyf wyne in, wat in hul proelokaal te koop aangebied word.

Kategorieë waarin die wyne beoordeel word, is Chenin Blanc, Chardonnay, Sauvignon Blanc, rooi- en witwynversnitte, Pinotage, Cabernet Sauvignon en gefortifiseerd.

Die wyne word deur ‘n onafhanklike paneel van wynbeoordelaars blind geproe en in elke afdeling word die Top 5 aangewys. Die wynmaker wat die beste punte behaal in die onderskeie afdelings word as “Wynmaker van die Jaar” gekroon.

Die beoordelaars is: Tom Block (Cape Wine Master), Anton Swartz (Cape Wine Master), Kobie Viljoen, Anita Streicher-Nel, Jolette Steyn en Jeanri Tine van Zyl van Feed That Bird Communication Consultants.


Vlnr: Nicolaas Rust (Voorsitter – Wynmaker vd Jaar), Wynand du Toit (HUB – Brenn-O-Kem/hoofborg), C.P. Conradie (Wynmaker vd Jaar 2017), Christo Pienaar (Reëlingskomitee), Chris du Toit (Bergsig Landgoed, Beste Chenin Blanc gehout), Dr. Alvi van der Merwe (Alvi’s Drift Wines, Beste Algehele Wyn van die kompetisie - Chenin Blanc ongehout)

KOM GENIET HIERDIE FEESTYD DIE LEKKERTE VAN MENSWEES EN SAAMKUIER - DAAR WAAR WWOR IS!

The De Wet Cellar MTB Route is open to the public.

A fantastic new MTB Route opened for eager cyclists.
Please contact Phillip at De Wet Cellar for permits and more information - phillip@dewetcellar.co.za or 023 341 2710.



Worcester Wine & Olive Route
Q Square, 72 High Street, Shop 41, 6850 Worcester, Western Cape
Tel +27 084 245 3922
www.wwor.co.za
info@worcesterwineroute.co.za







Nuy Winery

Nuy Winery’s Chant de Nuit is one of a few wines in South Africa that contains a table grape variety in the blend.

Chant de Nuit – song of the night. A wine worth a swirl and a leisurely taste in the Nuy Winery collection is the Chant de Nuit (Song of the Night). This fresh and fruity white, created from a blend of Chenin Blanc, Colombar, Ferdinand de Lesseps and Irsai Oliver, has quite a story to tell.

The Story - Chant de Nuit was once dubbed Chant de Nuy. The unusual fruity character of the wine is derived from the use of the lesser-known Ferdinand de Lesseps cultivar, a table grape variety. However it was the inclusion of this cultivar that led to the name change when the Wine and Spirits Board deemed in 1991 that this cultivar indeed made the wine ‘uncertifiable’ and therefor prohibited the use of ‘Nuy’ on the label. The Nuy team cleverly changed a letter or two and there you have it, a slightly mysterious romantic wine with fresh perfume aromas of pineapple and peaches and a long lingering pleasing aftertaste … and a good story! Don’t hesitate to pair the Chant de Nuit with a variety of spicy foods.

How to get your hands on this wine - Get the Chant de Nuit at R46 per bottle, visit Nuy Winery’s tasting room and restaurant, Nuy on the hill, on the R60 between Worcester and Robertson, or order from their website http://www.nuywinery.co.za/